SAARA Munich Tour

Toerbestuur
Johan Pienaar
Skuts
Pierre Basson
Barto Pienaar
Datums
16 Mei – 23 Mei 2017

Op 16 Mei 2017 vertrek die toerspan op n direkte SAL vlug saam met ouers om aan die ISSF Munich Wêreld Beker
wedstryd te gaan deelneem. Ons word die volgende oggend op die lughawe ontmoet deur n wedstryd
verteenwoordiger wat ons direk na die skietbaan neem om ons wapens te stoor en daarna te neem na die hotel.
Die middag keer ons terug na die baan om die toerusting inspeksie en registrasie af the handel. Alles is in plek en die
skuts ervaar geen probleme met toerusting inspeksie nie. Dit is interessant om sien hoe al die beste meetinstrumente
toegepas word, asook n spesiale apparaat om die afmetings van die geweer te toets. Met die nuutste weergawe van die
ISSF reels is daar n groot aantal veranderlikes wat gemeet moet word.